Kishore Kumar Hits

The Buckfever Underground - Klawer şarkı sözleri

Sanatçı: The Buckfever Underground

albüm: Verkeerdevlei


In Klawer het die kinders die kind vermoor
In die bosse langs die pad net na skool
Met 'n byl en 'n fanbelt net na skool
Oor rosyne en R5 en Grasshopperskoene
Toe hul hande gewas in die kanaal
Hulle vriende gaan roep, gespog, gewys:
Hier lê 'n lyk en dit is die dood hier lê 'n lyk en dit is die dood in
Klawer het die kinders se name verander
Hul gesigte verborge op die televisienuus
Maar hul bene stap onseker of nuuskierieg of vanself
Als is kunsmatig die plakkate teen die mure
Die polisieman, sielkundige die foon wat lui
Die tronkdeur is te groot 'n katflap wat tol in die wind
En die mense wat die vrae vra huil by die huis huil by die huis
In Klawer en in Kaapstad en die wêreld verder
Lê die letsels nou in hale oor radio's en die nuus
Op TV waar pa en broer saamgrawe
In die klipharde grond langs die reeds dooie suster
Laasjaar aan siekte laasjaar aan siekte
Die reën kom eers volgende week die reën kom eers volgende week
Die reën kom eers volgende week die reën kom eers volgende week
Die reën kom eers volgende week
Dit behoort 'n goeie blommejaar te wees in hierdie geweste
"So iets het nog nooit hier gebeur nie," Sê die vrou op die nuus
Hier lê 'n lyk en dit is die dood hier lê 'n lyk en dit is die dood
Hier lê 'n lyk en dit is die dood hier lê 'n lyk en dit is die dood

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar