Op reis na die Suide Nou is jy in die hemel In die nietigheid bo jou Verskuif die stelsels skuif vir skuif Word ander wippe gestel Die sterre wat oorkant op jou wag Is myne want ek het hulle benoem Destyds toe ek so groot soos 'n hart Sidderend verskuil in die gras Die nag afgeloer het Kyk Dis Troos dié een, en Pyn hang daar En dis Prins en Gele en Witter-as-Swaan En Skottel-vol-Bessies en Stiller en Traan Ryper-die-Graan, Pindus, Asjas, Kroos Daan, Strooisak-vol-Vonke, Flonker en Waan Kierieknop, Kriekdroom, ou Koue-se-Boude En Baie Vernaam, Witperdespanne, Kruis Sjima, en Bokjan, en Kopbeen, en Aai - Daar trippel Kaapse Liefde En dan, hand-in-die-sny, kom Môresê-Haan O ek bid jou dit aan